Veiligheid- en Beleidsentrum

Ons verbintenis

Ons neem die veiligheid, sekuriteit en welstand van ons gebruikers baie ernstig op. As die wêreld se gewildste toepassing om nuwe mense te ontmoet, is ons trots daarop om miljoene mense elke dag met mekaar te verbind. Hoewel 'n relatief klein persentasie van hierdie pasmaats daartoe gelei het dat gebruikers die slagoffers van kriminele aktiwiteite geword het, is ons vas oortuig dat enige voorval van wangedrag of kriminele gedrag een te veel is. 

Ons ondersoek voortdurend nuwe opdaterings, vennootskappe en tegnologieë ter verbetering van en as insette in ons veiligheidspogings, terwyl ons 'n respekvolle omgewing skep om nuwe mense te ontmoet. Inligting oor ons veiligheidshulpmiddels en -praktyke kan hieronder gevind word. Of jy nou in Santa Monica, São Paulo of Seoel is - ons doelwit bly dieselfde: 'n veilige en positiewe ervaring vir gebruikers op ons platform.

Ons veiligheidshulpmiddels

Ons gebruik 'n netwerk van toonaangewende geoutomatiseerde en handmatige moderering- en hersieningshulpmiddels, stelsels en prosesse - en belê aansienlike hulpbronne daarin - om onvanpaste gedrag (voordoening as 'n ander persoon, teistering en dergelike meer) in ons toepassing te voorkom, te moniteer en te verwyder.

Hierdie hulpmiddels sluit in outomatiese deurgaan van profiele vir rooivlagtaal en -beelde; handmatige hersiening van verdagte profiele, aktiwiteit en gebruikergegenereerde rapporterings; verskuilde verbanning van verdagte rekeninge; sowel as die blokkering van e-posadresse, telefoonnommers, IP-adresse en ander identifiseerders wat met slegte karakters verband hou.

Ons het 'n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor teistering en moedig ons gemeenskap aan om enige voorkoms van wangedrag en/of enigiemand wat ons Gemeenskapsriglyne of Gebruiksvoorwaardes oortree, te rapporteer deur middel van die selfrapporteringshulpmiddel wat op alle Tinder-profiele verskyn of deur ons span aanlyn te kontak. In gevalle waar ons so 'n rapportering ontvang, tref ons toegewyde gemeenskapspan toepaslike maatreëls, wat kan insluit die verwydering van die inhoud, verbanning van die gebruiker of verwittiging van die toepaslike wetstoepassingsinstansies.

Ons is voortdurend besig om ons prosesse te evalueer en te verfyn, en sal altyd met wetstoepassing saamwerk, waar moontlik, om ons gebruikers te beskerm.

Match Group-adviesraad

As deel van Match Group werk ons saam met eksterne vennote deur die Match Group-adviesraad("MGAC"), 'n groep vooraanstaande kundiges en advokate wat betrokke is by die bestudering en voorkoming van seksuele aanranding, sekshandel en soortgelyke kwessies. Die uitvoerende span by Match Group vergader halfjaarliks met die MGAC om ons beleide te evalueer en aanbevelings te vra oor hoe om die veiligheid van ons produkte te verbeter. Die stigterslede sluit in:

  • Scott Berkowitz, President, Rape Abuse Incest National Network (RAINN).

  • Tarana Burke, stigter van die "Me Too"-beweging.

  • Catherine Chen, Hoofprogrambeampte, Polaris

  • John Clark, Uitvoerende Hoof, National Center for Missing & Exploited Children.

  • Julie Cordua, Uitvoerende Hoof, Thorn.

  • Yolanda Edrington, Bedryfshoof, National Sexual Violence Resource Center.

  • Dr. Judy Postmus, Stigter, die Center on Violence Against Women & Children, Rutgers-universiteit.

Reaksie op Verslae van Aanranding

Tinder-gebruikers kan maklik gevalle van misbruik of aanranding in die toepassing of aanlyn aanmeld. Ons moedig enige gebruiker wat van mening is dat hulle 'n slagoffer van 'n misdaad was, sterk aan om dit by wetstoepassers te rapporteer. Ons span werk daaraan om gerapporteerde misdade onmiddellik te ondersoek, dit te evalueer en toepaslike stappe te neem, en werk in enige ondersoek ten volle met wetstoepassers saam.

Wanneer 'n gebruiker 'n aanranding aan Tinder rapporteer, probeer ons om die beweerde oortreder te identifiseer en die geassosieerde rekening te blokkeer. Die voorval word dan aan Match Group se sentrale veiligheidsbewaarplek gerapporteer en oor ons verskillende handelsmerke heen nagegaan om te sien of die gebruiker ander rekeninge op ander platforms het. Indien enige ander gevind word, word hulle ook geblokkeer.

Gebruikersopvoeding

Ons bied beide aanlyn en via die toepassing veiligheidswenke om gebruikers op te voed en te bemagtig om slim en veilige keuses te maak terwyl hulle op Tinder interaksie het.

Kyk hier na ons wenke om veilig te bly

Regeringsverhoudinge en Wetgewende Werk

Ons verstaan dat dit ons verantwoordelikheid is om 'n rol te speel in die definisie van die standaarde vir die hele bedryf – en daarom ondersteun ons Tinder se pogings om nou met wetgewers en reguleerders regoor die wêreld saam te werk om nuwe veiligheidsgerigte wette te definieer en te aanvaar wat kan help om beide ons gebruikers en dié op ander tegnologiese platforms te beveilig. Ons span werk aktief saam met verskeie state om wetgewing te bevorder om katvissing te help bekamp. Vir meer inligting, gaan kyk asseblief hier

Ons verwelkom die geleentheid om met regerings regoor die wêreld saam te werk om die internet 'n veiliger plek vir almal te maak.

Bedrog

Ons by Tinder neem die kwessie van bedrog baie ernstig op. Ons het 'n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor predatoriese gedrag van enige aard. Ons het 'n toegewyde bedrogspan wat 'n netwerk van die voorste tegnologie in die bedryf gebruik om iedere en elke ledeprofiel vir bedrog deur te gaan en 'n oorsig te doen vir rooivlagtaal, en hulle doen handmatige hersiening van verdagte profiele, aktiwiteit en gebruikergegenereerde rapporterings. Die slotsom is dat niemand, of hulle nou op Tinder ontmoet het of nie, ooit geld moet stuur aan iemand wat hulle nie persoonlik ontmoet het nie.  Hierbenewens moedig ons ons lede aan om enige individu wat hulle vir finansiële inligting gevra het, deur middel van ons selfrapporteringshulpmiddel te rapporteer.  Hierdie twee stappe sal baie help om byna enige bedrogspul in sy spore te stuit en help om die volgende potensiële slagoffer te beskerm.  

Dataprivaatheid en platformsekuriteit

Ons gebruikers se privaatheid is 'n topprioriteit by Tinder, en ons werk ywerig om te verseker dat ons die ekstra myl stap vir sover dit toepaslike privaatheidswette en bedryfstandaarde betref. Ons weet dat jou tyd op die toepassing 'n private aangeleentheid is en het streng beleide en tegniese stelsels in plek, waaronder enkripsie vir gebruikersfoto's en -boodskappe en hulpmiddels wat werknemers se toegang tot gebruikerskommunikasie en ander gebruikersdata beperk. Wat Tinder-gebruikers se data betref, is ons enigste mandaat om ons gebruikers veilig en hul data privaat te hou.

In teenstelling met ander sosiale toepassings is ons sakemodel daarop gefokus om gebruikers van topklaskenmerke te voorsien, waaronder in-toepassing-opgraderings en -intekening, ten einde hul ervaring op ons toepassing te verbeter. Ons verkoop nie data aan derde partye en is nie afhanklik van advertensies om ons besigheid in stand te hou of te laat groei nie. Trouens, in 2018 is minder as vyf persent van alle inkomste deur advertensies gegenereer. Jou data is joune. Gebruikers kan dus op enige tydstip 'n afskrif van hul data hier aanvra. Die mees onlangse inligting oor ons datapraktyke is altyd beskikbaar vir die algemene publiek deur ons Privaatheidsbeleid, wat ook deur ons toepassing verkry kan word.

Hierbenewens verbeter ons voortdurend ons verdedigingslinie in die stryd teen diegene met kwaadwillige bedoelings.  Ons bespreek egter nie enige spesifieke sekuriteitshulpmiddels wat ons gebruik of verbeterings wat ons moontlik kan implementeer nie, ten einde ons gebruikers ten beste te beskerm en te verhoed dat enige voornemende oortreders vooraf gewaarsku word.


Bykomende beleide en inligting

Ons fundamentele doelwit is om ons gemeenskap van gebruikers aan nuwe mense bekend te stel. En hoewel dit baie pret is, is dit belangrik om te onthou dat daar Gemeenskapsriglyne is waaraan ons gebruikers moet voldoen om Tinder die beste toepassing te maak om nuwe mense te ontmoet.

Ons moedig ons gebruikers aan om enige voorvalle van slegte gedrag op of van ons platform af aan te meld. Om 'n gebruiker vir onvanpaste gedrag te rapporteer is eenvoudig en maklik. Gebruikers kan in enige gegewe profiel op die '3 kolletjies'-ikoon tik en 'Rapporteer' kies. Gebruikers kan ook 'n ander gebruiker rapporteer deur 'n hulpversoek aanlyn in te dien.

Hier onder is meer besonderhede oor sommige van ons beleide wat ons geïmplementeer het om Tinder veiliger te hou.

Toewyding tot insluiting

Ongeag jou genderidentiteit, seksuele oriëntasie, etnisiteit of agtergrond, jy is welkom by Tinder. Ons streef daarna om Tinder die mees inklusiewe platform te maak om nuwe mense te ontmoet en werk ten nouste saam met organisasies regoor die wêreld om ons praktyke voortdurend te verbeter. Vandag bied ons gebruikers meer as 50 genderidentiteite in lande regoor die wêreld, en nege seksuele oriëntasies.

Teistering

Ons het 'n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor teistering op ons platform. Ons moedig alle gebruikers aan om enige onaanvaarbare gedrag te rapporteer sodat die gemeenskapspan kan ondersoek instel en toepaslike stappe kan doen.

Minderjarige gebruik

Tinder is vir gebruikers van 18+, en ons werk hard om met waaksaamheid 'n gemeenskap slegs vir volwassenes te handhaaf. Ons benut 'n netwerk van toonaangewende geoutomatiseerde en handmatige moderering- en hersieningshulpmiddels, -stelsels en -prosesse - en belê in aansienlike hulpbronne - om minderjariges op ons toepassing te voorkom en daarvan te verwyder.

Hierdie hulpmiddels kan insluit outomatiese deurgaan van profiele vir rooivlagtaal en -beelde; handmatige hersiening van verdagte profiele, aktiwiteit en gebruikergegenereerde rapporterings, sowel as blokkering van e-posadresse, telefoonnommers en ander identifiseerders wat verband hou met minderjarige gebruikers wat probeer om hierdie beperkings te omseil. Ons is ook afhanklik van ons gebruikers om enige profiele te rapporteer wat moontlik 'n minderjarige kan uitbeeld, sodat ons dienooreenkomstig ondersoek kan instel en hulle verwyder.

Ons wil nie minderjariges op Tinder hê nie. Punt, klaar.

Kliëntwerwing/Prostitusie

Kliëntwerwing van enige aard - of dit 'n poging is om te koop of te verkoop - is teen ons Gebruiksbepalings. As 'n gebruiker 'n profiel teëkom wat ons bepalings oortree, moedig ons hulle aan om dit te rapporteer deur middel van die selfrapporteringshulpmiddel wat op alle Tinder-profiele of aanlyn verskyn.  So 'n rapportering stel ons toegewyde gemeenskapspan in staat om toepaslike maatreëls te tref, wat die verwydering van die profiel of die verbanning van die gebruiker kan insluit.

Onwettige stowwe

Profiele (of Tinder-gebruikers) wat onwettige stowwe bevorder, oortree ons Gebruiksvoorwaardes en ons het 'n stelsel in plek om hierdie profiele uit die toepassing te verwyder. Indien 'n gebruiker 'n profiel teëkom wat ons bepalings oortree, moedig ons hulle aan om dit binne die toepassing te rapporteer.

Hulpbronne vir Ondersteuning, Advies of Bystand

In geval van nood, skakel 911 (VS of Kanada) of jou plaaslike wetstoepassingsagentskap.

Rape, Abuse and Incest National Network (RAINN) Hotline

1-800-656-HOPE (4673) I www.rainn.org  

Planned Parenthood

1-800-230-7526 I www.plannedparenthood.org

National Domestic Violence Hotline

1-800-799-SAFE (7233) or 1-800-787-3224 I www.thehotline.org

National Human Trafficking Hotline

1-888-272-7888 or text 233733 I www.humantraffickinghotline.org

National Sexual Violence Resource Center

1-877-739-3895 I www.nsvrc.org

National Center for Missing & Exploited Children

1-800-THE-LOST (843-5678) I www.cybertipline.com

Cyber Civil Rights Initiative

1-844-878-2274 I www.cybercivilrights.org

FBI Internet Crime Complaint Center

www.ic3.gov

Indien jy buite die VSA is, raadpleeg die lys hulpbronne van Match Group in baie van die lande waarin ons werksaam is.

Enige vrae? Almal het minstens een.

Besoek Algemene Vrae

Jy het genoeg gelees. Gaan vind uit.

Laai Tinder af

Jy het genoeg gelees. Gaan vind uit.

Laai Tinder af