Algemene Vrae
Jy het vrae
Ons het antwoorde
Profiel en Pasmaats
Watter foto moet ek op Tinder gebruik?
Die een waarop dit werklik jy is. Geen groepfoto's waar ons moet raai nie, geen sonbrille wat die helfte van jou gesig verberg, geen dowwe steelfoto's van 2019 nie. In fokus, waar jy vorentoe kyk, en as jy glimlag — selfs beter. Jy sal verbaas wees hoe goed dit reeds werk.
Wat moet ek in my biografie sit?
Wat ook al eg voel. 'n Lys dinge waarvan jy hou, waarna jy op soek is, 'n verwysing wat slegs die regte persoon sal verstaan. Hou dit lig of gaan dieper — albei werk. Maak dit eenvoudig joune. Vir dit wat jy nie moet insluit nie, lees ons Gemeenskapsriglyne.
Hoe kanselleer ek 'n pasmaat?
Tik op die blou skild op hul profiel of in die klets om die Veiligheidshulpmiddels oop te maak en hulle as pasmaat te kanselleer. Dis al. Geen verduideliking nodig nie, geen kwade gevoelens nie.
Hoe werk Tinder-pasmaats?
Twee mense vee albei regs op mekaar, en hulle is pasmaats. Dis hoe eenvoudig dit is.
Wat daarna gebeur, is in hul eie hande.
Wat beteken dit as Tinder sê ek het 'n pasmaat misgeloop?
Dit beteken iemand hou van jou en jy het links gevee voordat jy daarvan geweet het. Dit gebeur.
As jy Tinder Plus het, kan jy daardie linksvee herstel en hulle weer sien.
Hoe Tinder Werk
Is Tinder gratis?
Ja. Laai dit gratis af in die App Store of by Google Play, of gebruik dit by tinder.com. Die basiese dinge (skep ’n profiel, hou van mense, pasmaats maak) is alles gratis. Ons topvlakke is daar as jy meer wil hê.
Hoe werk Tinder?
Stel jou voorkeure (geslag, afstand, oriëntasie) en Tinder gebruik ligginggebaseerde tegnologie om nabygeleë mense aan jou te wys wat daarby pas. Vee regs om van iemand te hou, vee links om oor te slaan. Maak pasmaats met iemand wat hou van jou en begin gesels.
Is Tinder-profiele eg?
Ons neem dit ernstig op. Fotoverifiëring laat lede toe om te bevestig dat hulle soos hul foto's lyk, en geverifieerde profiele kry 'n blou regmerkie. Ons beveel sterk aan dat jy dit kry. Dit lyk goed op jou profiel en help om die gemeenskap veilig te hou.
Kan Tinder op 'n skootrekenaar gebruik word?
Ja. Gaan na tinder.com en teken aan vir die volledige rekenaarervaring. Die meeste kenmerke is daar beskikbaar.
Is Tinder in my land beskikbaar?
Tinder is in 190+ lande regoor die wêreld beskikbaar. As jy toegang tot die App Store of Google Play-winkel het, kan jy Tinder aflaai en mense begin ontmoet waar jy ook al is. Die Paspoort-funksie laat jou toe om by enige ligging pasmaats te maak selfs voordat jy aankom. Of jy dus reis of net nuuskierig is, jy is gedek.
Is Tinder veilig?
Tinder neem veiligheid ernstig op. Fotoverifiëring bevestig dat lede soos hul foto's lyk — geverifieerde profiele kry 'n blou regmerkie. Ons Veiligheidshulpmiddels is by elke pasmaat wat gemaak word en in elke gesprek beskikbaar en verleen met 'n enkele tik of klik toegang om iemand enige tyd te blokkeer, te rapporteer en as pasmaat te kanselleer. Deel My Afspraak laat jou toe om besonderhede oor jou afspraak en die ligging daarvan te stuur aan iemand wat jy vertrou voordat jy gaan. ID-verifiëring voeg nog 'n laag vertroue by dat die persoon met wie jy praat, is wie hulle sê hulle is. En as iets ooit nie reg voel nie, is hulp nooit meer as ’n tikslag weg nie. Vir meer inligting, besoek ons Veiligheidswenke-bladsy.
Hoe skrap ek my Tinder-rekening?
Jy kan jou Tinder-rekening enige tyd deur die toepassing se instellings skrap. Gaan na instellings, rol af na onder en kies Skrap Rekening. Hou in gedagte dat skrapping van jou rekening permanent is: jou pasmaats, boodskappe en profiel sal verwyder word. As jy net ’n blaaskans nodig het, kan jy eerder jou profiel versteek sonder om enigiets te verloor. Vir stap-vir-stap-hulp, besoek ons Ondersteuningsbladsy.
Kenmerke en Intekening
Wat is Tinder Plus / -Goud / -Platinum?
Tinder bied drie intekeningvlakke, afhangende van hoeveel jy wil ontsluit. Tinder Plus gee jou onbeperkte Hou-van's, onbeperkte herstelaksies, Paspoort, geen advertensies nie en incognito-modus. Tinder-Goud het alles wat daar in Plus is, tesame met die vermoë om te sien wie reeds van jou hou, Topkeuses, weeklikse Super-hou-van's en 'n maandelikse Boost.
Tinder-Platinum sluit alles in wat daar in Goud is, plus die vermoë om boodskappe te stuur voor jy pasmaats maak, Prioriteit-hou-van's en insae in die hou-van's wat jy gestuur het. Alle intekeninge is maandeliks beskikbaar en kan deur jou toepassing se instellings bestuur word. Sien die volledige uiteensetting op ons Intekening-bladsy.
Hoe werk Boost?
Boost plaas jou vir 30 minute boaan profiele in jou omgewing, wat jou tot 10x meer sigbaarheid gee. Kyk na die pers weerligstraal wanneer jy gereed is om dit te gebruik.
Wat kom saam met Tinder-Goud?
Sien wie hou van jou, onbeperkte hou-van's, herstelaksie, Paspoort, weeklikse Super-hou-van's, 1 maandelikse Boost en ’n advertensievrye ervaring. Alles wat jy nodig is om regtig beheer te neem oor wie jou pasmaats is.
Waar kan ek Super-hou-van's op Tinder sien?
Soek na die blou ster op ’n profiel. Dis 'n Super-hou-van. Wil jy almal sien Super-baie van jou gehou het, sonder die raaispeletjie? Dis waarvoor Goud daar is.
Watter Tinder-intekening is die beste?
Dit hang af van waarna jy op soek is! Plus gee jou vryheid: onbeperkte hou-van's, herstelaksie, paspoort, geen advertensies nie. Goud voeg die vermoë by om te sien wie reeds hou van jou. Platinum plaas jou voor in die ry met prioriteit-hou-van's en die vermoë om ’n boodskap te stuur voordat jy pasmaats maak. Begin waar jy is en gaan van daar af voort.
Wie het vir my 'n Super-hou-van gestuur?
As jy op die outydse manier wil uitvind, hou aan vee en soek die blou ster. As liewer net wil weet, wys Goud vir jou almal wat hou van jou,
wat Super-hou-van's insluit.
Afsprake en Verhoudings
Sal Tinder my troue borg?
Ons het dit al voorheen gedoen en ons is altyd gereed om dinge te vier.
Stuur 'n e-pos aan tinderstories@gotinder.com. Vertel ons jou storie en moenie maak of jy 'n vreemdeling is nie.
Kan jy 'n afspraak op Tinder vind?
55 miljard pasmaats sê ja. Ons het kenmerke gebou om jou te help uitstaan en kontakte maak. Die res hang van jou af.
Kan jy liefde op Tinder vind?
Enigiets is hier moontlik. Ons het die beloftes wat mense aan mekaar gemaak het om dit te bewys.